Hoe se jy totsiens vir iemand wat so baie vir jou beteken het . Iemand wat nogaltyd daar was vir jou , jou geondersteun het in als . Lief gehad het maak nie saak wat nie . Ek sou als gee om jou nog net eenkeer vas te hou jou te vertel hoe liefe ek vir jou is . Jy was my toevlug die een wat my teen die wereld beskerm het . Die verlange vreet my op , die donkerte versmoor my . As ek na die maan staar en die koue wind teen my voel wens ek jy was saam my , Ek hoor jou stem in my drome dan word ek wakker met trane in my oe want jy is nie meer hier nie . Jy het my so baie dinge geleer , Maar tog nie hoe om sonder jou aantegaan nie ...Die verlange vreet my op .Ek het so baie vrae so baie dinge wat ons nog saam kon doen . Elke dag mis ek jou meer en meer . Ek wil huil en skree , tog hel[p dit nie .