1: Die vreemdeling

75 5 1
                                    

(i)

Dis laat in die nag en almal is so te sê al in die bed, behalwe die donker figuur wat hardloop van huis tot huis opsoek na slaapplek. Die hael het nog nie opgehou nie en die strate lyk soos honderde riviertjies. As dit nie so gestorm het nie, sou die klein stroompies tog 'n oulike skouspel gemaak het, maar nou moet die jong man eers konsentreer op sy eie veiligheid. 'n Warm slaapplek en kos sal hy waardeer. 

Met sy klein en spesiale kassie in sy arms, draf hy tot by die volgende huis. Hy klop 'n paar keer en nie lank daarna nie maak 'n ou man sy verskynsel, maar op sy gesig is daar 'n uitdrukking wat duidelik sê, Wat de hel maak jy hier in die middel van die nag, en hy slaan die deur bot toe. Moeg en honger, maar vol hoop, hardlooop hy verder en klop by nog 'n paar huise. Elke keer word hy weggejaag en elke keer draf hy weer tot by 'n volgende huis. Die kassie steeds droog onder sy kleed.  

Met 'n swaar hart gaan sit hy onder die afdak van 'n bakkery. Hy kan die dag se baksel ruik; steeds vars uit die oond. Na 'n rukkie se gesit kom die ou agter dat hy natter word as hy sit as wat hy hardloop en besluit toe om sommer aan die bakkery se deur te klop....miskien wys sommige mense tog genade. Hy loer eers versigtig by die venster in en sien deur die gewasemde ruit 'n liggie , seker in 'n studeerkamer of iets, brand. Versigtig probeer hy die deurknop......dis oop! Hy loer binne. 'n Skielike walm van warm lug tref sy gesig. Hy raak skoon emosioneel. Hy het al die warm brood en tee op 'n tafeltjie sien staan, gereed om geeët te word.

"Hello?", roep hy saggies. Enige iemand tuis? Hy stap stadig binne. Die water op sy jas loop stadig af en drup op die hout vloer. Nog 'n tree..... Skielik swaai die deur agter hom toe en hy voel iets hards teen sy rug.

"Staan stil dief of ek skiet!". Die stem klink nie kwaad nie, net bang. Die man druk seker nou 'n gelaaide kruisboog teen my rug, ek sal myself vinnig moet verduidelik. 

"Jammer meneer..eh.. dat ek so skielik hierso ingekom het. Ek is nie 'n dief nie, ek....".

"Ja, so sê julle almal mos: "Ek is nie 'n dief nie", en net wanneer die arme man die kruisboog laat sak, druk die "nie-dief" 'n mes in die man se keel op". Die jong ou voel hou die punt van die kruisboog al harder in sy rugvelle grawe.

"Nee regtig, ek is nie. Wat sal 'n dief nou op so 'n reënerige nag hier aanvang? Nee glo my ek weet hoe dit is daar buite. Nie eens 'n ervare dief sal dit daar buite waag nie. Al wat ek, 'n goeie man, vra is 'n plek om te slaap vir die aand en 'n happie te eet... as dit moontlik is". Die ou smeek meer as wat hy vra, maar die druk op sy rug is nou minder.

Die bakker vat nou die punt van die kruisboog van die ou se rug af weg, maar die punt is steeds op hom gerig. "Vrou, kom gou hier!", roep die man. 'n Middeljarige vrou in haar aandrok kom die vertrek binne en sy lyk meer vaak as verras.

"En dit?", vra sy, maar nie ongeskik nie; eerder, Wat is die rede dat jy die arme man dreig met ons kruisboog?

"'n Vreemdeling. Hy soek blykbaar


Has llegado al final de las partes publicadas.

⏰ Última actualización: Apr 23, 2015 ⏰

¡Añade esta historia a tu biblioteca para recibir notificaciones sobre nuevas partes!

Die Belofte van GiovanniDonde viven las historias. Descúbrelo ahora