Ongesproke dankie

171 13 11
                                    

Jy was daar om my te troos
My wonde vars en ek gebroos
Hoe sê ek dankie nou dat jy nie meer daar is
Vir al die vure in my lewe geblus

Jy was my lewens rots
Nou wil my bootjie net teen klippe bots
My lewe val stuk vir stuk uitmekaar
Hoe gaan ek ooit weer die lewe in die oë staar

Dit maak so seer
Want ek weet ek moes jou eer
Ek moes praat
Maar nou is dit hopeloos te laat

Ek wil dit regstel
Al moet ek dit uitspel
Op berge sal my eggo jou eer
En moederaarde sal dit nie eens kan keer

Ongesproke dankieWhere stories live. Discover now