Hendrik die Bleskop

6 0 0
                                    

Ons hoof man, Hendrik, die bleskop is besig om potjiekos te maak. Vark en bees die keer. Hy is baie lief vir potjiekos. Dis sy gunsteling kos. Hy wens net hy kan rys kook om by die potjie op te skep. Hy het al so hard probeer, maar sy rys kom net nooit reg uit nie. Dis of te waterig of te hard. Ander kere dan brand hy dit. Hy het opgegee om rys te maak. Hy geniet maar nou net sy potjiekos sonder n basis.

Die pot prut al vir bietjie meer as 2 ure so alles is gaar en smaakvol. Hendrik skep vir hom n bakvol en gaan sit langs die kole waar hy die pot verwyder het sodat die kos nie brand nie. Die kos is nog vuurwarm, nou net van die kole af, maar Hendrik kan nie wag nie. Hy skep n lepel vol en blaas so bietjie, dan hap hy. Hmmm, heerlik! Hy het die aartappels misgeskep vir die eerste hap, hulle behou baie hitte. Die ingelse sê altyd 'hot patato' , hulle het iets beet. ń Rukkie later is al die vleis stukke en groente uitgeëet. Die sous lê in die bak en lag vir hom. Hy gooi die sous in sy keel af en sê vir homself: "Eendag is eendag dan het ek n pot perfekte rys, dan lag ek!"

Die nag raak donker en hy gaan in sy kasteel in. ń Springkasteel. Gelukkig is al die wind in hierdie area van die wêreld ondergrond, so sy kasteel kan  nie wegwaai nie, maar is altyd opgeblaas. Solank hy sorg dat sy vuur vêr weg is, is sy kasteel veilig.

Daardie nag droom Hendrik van rys, maar dit word ń nagmêrrie. Dit begin met Hendrik wat rys kook, maar die rys brand vas en duisende korrels spring uit die pot, woedend! Hulle begin hom jaag en Hendrik hardloop, maar die rysmannetjies is vinnig en haal hom in. Hendrik is uitasem en sy bene swik. Hy val en skrik wakker. Dis dagbreek. Hendrik sit op met sy hart wat in sy keel klop. Vandag gaan hy na antwoorde soek! Dit kan nie so aangaan nie. Hy moet leer om rys te kook anders gaan dit sy einde wees. Hy staan op, hop uit sy kasteel en was sy gesig uit die kommetjie waar hy reënwater opvang. Na hy sy koffie gehad het gryp hy sy swaard en kies n koers. Op sy pad ontmoet hy n kabouter en Hendrik vra hom of hy dalk weet waar hy kan leer rys kook.
Die kabouter druk sy vinger in die lug en antwoord baie entoesiasties "Ja!" Die kabouter beduie vir Hendrik waar
ń klein restaurant gelëe is in die woud. Die sjef is glo 'n meester met kos en kan hom gou gou leer om perfekte rys te kook. Hendrik is baie dankbaar vir die raad en vat die pad wat vir hom aangewys is.

Dieper en dieper in die woud in loop Hendrik. Dalk het hy die eetplek misgeloop? Nee, kan nie wees nie, hy sal die kosreuke opgetel het met sy neus. Hy moes nooit die kabouter vertrou het nie. Hendrik draai om en begin terugloop. Skielik vlieg n groot vlermuis voor hom verby! Hy koes en trap agtertoe, maar daar is geen grond onder sy voete nie en hy val agteroor. Hy rol en tol en stamp, Oef!
Uiteindelik stop hy aan die onderkant van die heuwel. Hy staan op.
'Eina'. Hy gaan vol bloukolle wees later. Die heuwel is te steil om weer op te kom. Hy kyk rond vir n uitweg en verbeel hom hy sien 'n gloei van lig tussen die digte bome. Hy kom agter dat dit donkerder geraak het. Die dag het vinnig verdwyn ..'Gorrr' .. en hy is honger. Swaard in hand maak hy sy pad na die gloeiende lig in die woud.
Uiteindelik nader hy die lig genoeg om te sien wat aangaan. By 'n ronde tafel sit 'n ronde vroutjie. Haar bruin hare op haar skouers. Die kers op die tafel glinster in haar oë. Hendrik stap nader. "Hello" sê hy saggies sodat hy haar nie skrik maak nie. Sy kyk op, angstig. Sy gryp na iets langs haar, maar Hendrik kan nie sien wat dit is nie, haar tent is in die pad. Hy gooi sy arms in die lug, sy swaard geholster en stel homself voor. "My naam is Bleskop Hendrik, ek bedoel geen kwaad nie." Die vroutjie lig n knopkierie uit agter die tent en sit dit langs haar neer, net ingeval. Hendrik beweeg stadig vorentoe en gaan staan stil voor haar en vra of hy maar kan rus by haar kampeerplek. Sy ken hierdie man van geen kant af nie, maar besluit om hom 'n kans te gee, op 'n afstand natuurlik. Sy verwys hom na 'n stomp aan die oorkant van haar waarop hy kan sit en vra dat hy die kampvuur sal stook. Sy bring n teepot nader en Hendrik sit dit op die vuur. Eweskielik grom Hendrik se maag weer. Hy vra omverskoning en vertel die vroutjie van sy dag en dat hy op soek is na iemand wat hom kan leer rys kook. Sy kyk hom so en glimlag. Sy kom sit langs die vuur en gee hom 'n toebroodjie met vye konfyt
op en sê "My naam is Louise" . Hy bedank haar vir die toebroodjie en verslind dit. Sy gee hom nog een. Louise maak vir hulle koffie en hulle sluit die aand af daarmee. Sy gee vir Hendrik ń kombers vir die nag en gaan in haar tent in. Sy vat die kierie saam. Ingeval.

Hendrik Bleskop en die Stoute KabouterWhere stories live. Discover now