En toe sy hand myne raak, was als reg.
Sy vingers was soos lint wat myne versigtig vasgebind het en die sagte soen waarmee hy my kneukels bederf het was die strikkie bo-op. Ons hande, saam, was perfek. Dis toe dat my trane opklaar en my mondhoeke eindelik weer kon lig. Toe ons oë mekaar vind, voel ek opnuut die vlinders binne my, want syne sê: "Ek gee om." Soveel mense het dit al gesê en dit nie bedoel nie, maar ek glo hom. So, toe hy skaam glimlag en stadig naderleun, maak ek net my oë toe en doen dieselfde. My kop is 'n warboel van teenstrydige emosies. Gedagtes vlieg deurmekaar rond, maar dan skielik word als stil. Stil genoeg dat ek die sagte sug kan hoor wat sy lippe verlaat.
En toe sy lippe myne raak, was als net reg.
-----Foto's: Pinterest & Rebloggy
CZYTASZ
Spookasem
Krótkie OpowiadaniaDie lewe van 'n tiener is soos spookasem: lig, kleurvol, suikersoet en so lekker. Ja, wanneer die reën kom, kan dit soms hard en onaangenaam raak, maar daarmee deal 'n mens ook mos maar. So hier is 'n bundel van kort, treffende skryfstukke vir die A...