Een

130 8 0
                                    

"Wat's fout?" vra hy my een oggend in 'n sagte stem.

Ek loer na hom van onder my kombers met ogies wat skaars uitsteek. Hy is bekommerd.

"Niks nie," antwoord ek vaagweg.

Daar is seer in sy pragtige bruin oë, pyn wat ek veroorsaak. Ek maak of ek dit nie waarneem nie. Partykeer is dit beter om die pyn te ignoreer.

Hy sug my naam uit en streel liggies sy duim oor my wang. Hy sê: "My skat, ek wil net die beste vir jou hê. Ek kan mos sien wanneer jy af is."

Ek wil nie vir hom sê dat hy die rede is hoekom ek so voel nie. Wel, nie nét hy nie. Ek is tog ook te blaam.

Leuen op leuen op leuen. Daar is geen einde daartoe nie.

"Ek sê mos." Ek draai om sodat ek nie in sy gesig aanhou lieg nie. Vir iemand wat baie erg is oor eerlikheid, het ek darem 'n groot kis vol leuens.

Ek haat dit.

Hy verdien beter.

Onder die kombers grou my naels in my bene in. Dis die enigste manier wat ek die trane kan afkeur en my halwe glimlag hou.

"Alles is oukei, lief." Die leuen gly soos heuning oor my lippe. "Ek belowe."

Ek het hom destyds gesê dat ek beloftes háát omdat dit onmoontlik is om dit te behou, en hy het daarteen gestry en gesê dat 'n belofte 'n belofte is, en dat ek dit natuurlik sal kan behou. Ek haat die feit dat ek hom op hierdie oomblik verkeerd bewys, al besef hy dit nie.

Niks sal ooit weer oukei wees nie, en daar is niks in my vermoë wat ek kan doen nie. 

Die Leuens Onder Die BeloftesWhere stories live. Discover now