Kruispad

36 3 0
                                    

Resensie deur Yolandé Smit (Killian&Malherbe Uitgewers)

Titel: Kruispad

Outeur: Willie Johan Botes

Groep 7 Drukkers en Uitgewers BK

Eerste uitgawe 2016

ISBN: 978-1-928349-38-9

Vanaf die eerste bladsy van Willie J Botes se debuut roman slaag hy daarin om die leser vas te ketting in 'n wentelbaan van taai intriges en passievolle liefdes waarin Karel Bester, 'n boer van die wildsplaas Lientjie Vlei na die onverklaarbare moord op sy geliefde vrou, Esmé jou saam neem na 'n duistere wêreld waar raaisels en onverklaarbare gebeure die waarheid laat ontwyk.

In sy soeke na antwoorde ontmoet hy die beeldskone Kate wat aanbied om hom te vergesel en sò begin die ontrafeling van 'n wêreld wat hom voor baie kruispaaie laat beland. Geheimsinnige mense en insidente ontrafel stadig maar seker die legkaart tot Kate se geheimsinnige verdwyning en die oorhandiging van 'n sleutel waarin so baie antwoorde toegesluit is.

Om dinge verder te kompliseer, verskyn Lizette op die toneel, 'n SAP Luitenant wat Karel in sy vertroue neem om hom te help in sy soektog na die waarheid. Die vraag bly egter...wie kan vertrou word en wie nie ? Wie praat die waarheid en wie gee voor ?

Die kombinasie van passie en liefde saamgevleg met intense spanning en intrige maak van hierdie 'n moet-lees roman.

En met diè woorde..."gaan vind vir ons uit wat in Knysna aan die gang is, voordat dit dalk te laat is"...laat die skrywer ons angstig uitsien na die opvolg boek !

Bestellings van Kruispad aanlyn :

1. Sagteband : .

2. E-Boek :

3. Nou ook beskikbaar by jou naaste :

Bargain Books

Protea Boekwinkel

Exclusive Books

Grafitti Boekwinkel

KruispadWhere stories live. Discover now