Vir hom

35 3 0
                                    

Díe woorde is vir jou:
Ons romanse word nou ink,
want al ken ek jou nog nie,
sien ek ons twee blink

in die son en maan wat skinder
en die sterre wat jou beny,
want als wat hulle is en was
en meer is jy vir my.

Sekerlik is dit waansin,
selfgeskape ellende,
want hoe gemaak:
Bekende liefde vir 'n onbekende?

Die sterstof wat die sterre
laat uitbrand in die ruim
laat jou net elke dag
meer skitter in geheim,

want jy's nog in die donker,
weggesteek vir my,
tot die dag wat God besluit
dat ons mekaar sal kry.

Soms wil ek twyfel,
maar nóú wil ek jou wys
dat ek altyd saans my rigting vind
deur die wink van die Suiderkruis.

En ek droom van daardie dag
wat jy my hart sal wen,
maar vir nou, meneer Anoniem,
moet sy joune eers leer ken.

So, vir nou is jy ver daarbo,
'n konstellasie deur 'n lens.
Tot die dag wat ek jou vind,
moet ek net aanhou wens.

---- x

Vous avez atteint le dernier des chapitres publiés.

⏰ Dernière mise à jour : May 11, 2017 ⏰

Ajoutez cette histoire à votre Bibliothèque pour être informé des nouveaux chapitres !

SpookasemOù les histoires vivent. Découvrez maintenant