Waar loop die tyd, my liewe kind?
Tas ons steeds rond, nog doof, nog blind.
Snags seil ons bymekaar verby
Wat appel ongeskil laat bly!
Ons glimlag hier en giggel daar
Noodwendig in 'n groep geskaar.
Hoewel ons weet, litteken skuil
Jou sielsrus, vir 'n wrok verruil.
Mens krop maar op en lateraan
'n Gees in self verwyt vergaan.
Geluk deur ego weg gestreel
Om minder liefde saam te deel.
So het die uurglas leeg geloop
Na baie pleit, gebid, gehoop.
Geduld en vrede kry hul sin
Laat liefde weereens als oorwin.
Waar vlieg die tyd, my liewe kind?
Dankbaar het ons mekaar gevind.
Ons lewensbootjies vasgemeer
In kalm see, vrede regeer.
YOU ARE READING
Gedigte
Poetry'n Versameling gedigte oor alledaagse gebeurtenisse in mense se lewens uit 'n ander hoek gesien.