Die kind se hart lê op haar mou,
Dit blyk die boyfriend het verbrou!
Hoe het dié trein so gou ontspoor?
Waar het die twee die pad verloor?
Hul moes hul lewens balanseer,
Met werk en vry en hard studeer.
Maar tyd as vyand het bepaal,
Gooi jy gewig dan swaai die skaal.
Liefde is blind, min sien mens raak,
Graag wil jy net die beste maak.
Foute en swakheid toegesmeer
Die aartsoortreder word vereer.
Die liefde van 'n ouer, stil
Verdra, aanvaar om kind ontwil.
Die lewe, ongenaakbaar pes,
Gee eers die toets, leer dan die les!
Wie bly nog oor na hierdie hel,
Om stukkies hart weer op te tel?
Verwese ouers in gelid,
Siel nerf-af, knieë deurgebid.
Die hoop beskaam nie, tyd moet heel,
Solank 'n mens verdriet kan deel.
'n Sterker gees hoog bo uitsweef
Om sorgeloos, weer vry kan leef.
YOU ARE READING
Gedigte
Poetry'n Versameling gedigte oor alledaagse gebeurtenisse in mense se lewens uit 'n ander hoek gesien.