Beledig, gestenig, ontbeen en geledig,
Ontneem van die kans om jouself te verdedig.
In publiek, klaar gekruisig, ons almal is hier
Ondermyning, verraad wil graag saam, hoogty vier!
Sosiale netwerke, wat als só ontbloot,
Uitspattig vertrap ons hierdie hoof-idioot!
Die oningeligtes lewer saam kommentaar
Laks stap ons die groen myl, facebook slaan die kitaar!
Gesigloos gegrinnik, op gegiggel, geveins,
Laat onskuldige slagoffer, agteruit deins.
Beskaafdheid vergete, span die trop kragte saam
'n Kragtige doodshou, het die hoop nie beskaam!
Trots hou ons post mortem, om die oorsaak te peil,
Besef eers te laat, het ons die REDE omseil?
Oorwinning se wrang smaak, proe al meer soos verloor
Berispe gewete, facebook gaan ons vehoor!
YOU ARE READING
Gedigte
Poetry'n Versameling gedigte oor alledaagse gebeurtenisse in mense se lewens uit 'n ander hoek gesien.