Salomay:
"Blaai na bladsy 394."
Ek zip my tas oop om by my wiskunde boeke uit te kom en trek dit uit. Ek slaan uit in koue sweet toe ek wonder of ek nou eintlik my wiskunde huiswerk klaargemaak het. Toe onthou ek: Ek het dit klaargemaak toe ons 'n toesig periode gehad het.
"Oefening 4," sê sy en tik haar lang, lang nael teen die handboek bladsy. "Môre is die hele oefening klaar." Al dertig koppe in die klas knik om vir die juffrou te wys dat ons dit verstaan het.
Ek hoor 'n sagte sug en ek kyk langs my. Stefan het al klaar sy kop op die tafel gelê en kyk moedeloos na die somme. Ek verstaan sy pyn. Ons het nog twee periodes oor voor huis-toe-gaan-tyd.
Ek glimlag stilletjies toe ek onthou dat ek en Emma vanmiddag Avengers: Infinity War gaan fliek. Ek kan myself skaars keer om op en af in my stoel te hop. Uiteindelik. Na so 'n lang wag. Emma was al reg om hate mail vir Marvel Studios te stuur. Die klok lui en daar is 'n geskarrel om weg te pak. Ek druk my pennesakkie in my tas en staan op. Oppad deur toe stamp ek perongeluk teen Brendan vas. Die kind kyk my misluk aan.
"Jammer," mompel ek en stap verder. Ek kreun toe ek die grys lug en reën sien. Nou moet ons na Afrikaans toe hardloop wat nog aan die ander kant van die skool is. My sambreel het ook vanoggend gebreek.
Ek kom by Afrikaans aan, papnat van die reën. Ek hoop en bid dat my boeke nie nat is nie. My tas was nat, maar die boeke was darem nog oukei. Ons sit deur 'n Afrikaanse periode waar die juffrou ons uitskel oor ons vrot punte. Die klok lui weer en dis soos 'n gym sessie soos wat ons hardloop om by rekeningkunde uit te kom. Daai juffrou het mos geen genade.
Die heel laaste klok lui en ons sluit af. Die reën het ook opgehou. Ek kan skaars stilsit. Emma kry my buite my klas en ons hardloop vir haar ma se kar. Ek trek by haar aan en haar ma vat ons na die mall toe.
Keith:
"Today's the day," Dayne Vance said to his right-hand, Kayden Luis. "Make sure everything is ready."
Kayden nodded, and headed off in another direction, already barking orders at the men nearest to him.Dayne was quiet for a moment as he examined me sideways.
"You are ready for this?"
The question contained silent words. And doubt.
I nodded, saying nothing.
I was ready. I had to be.
YOU ARE READING
Wat nou?
AdventureNote to English speakers: Though this book may contain English parts, it's mainly in Afrikaans. So you won't really understand what's going on. Dis 'n normale dag vir Salomay. Doodvervelige wiskunde klas, 'n nat gejaag om by Afrikaans uit te kom, en...