Hoofstuk 6:

39 0 0
                                    

Salomay:

Ek kon nie ophou my oë knip nie en my ledemate was gevoelloos. In watse gemors het ek myself beland? 

Ek sit saam met Keith in die kar soos wat ons ry, die natuurskoon 'n groen blur. Die kar was luuks binne, iets wat my bietjie laat stres. Sal iemand nie agterkom as die kar gesteel was nie? Sal daar nie 'n soektog vir ons gehou word nie?

Dit herinner my aan 'n ander ding.

Wat van my ouers? My arme ma en pa. Ek kan net dink hoe bang hulle is...vir my en vir hulself. 'n Bom wat iewers in die land ontplof is een ding. 'n Bom wat net 'n paar kilometers weg van jou huis af ontplof is 'n ander ding.

"Isn't there some way I can contact my parents?" vra ek hom, bewus van die desperaatheid in my stem.

Die hoek van sy mond trek op. "Not if you want the men who attacked us earlier to go after your parents and use them for some kind of ransom or leverage."

My kop val terug teen die sitplek en ek sug diep. "They're probably worried sick."

Sy hande klem styf op die stuurwiel. "Any rational parent would be."

Ek kyk hom vreemd aan. Sy wenkbrou is saam getrek in a frons en ek kyk vinnig weg toe hy vir 'n oomblik sy kop draai om na my te kyk. "Do you have rational parents?" Die vraag glip by my mond uit voordat ek dit kon stop.

Sy lag was skerp en sonder enige humor. "No." Hy rol sy nek en haal diep asem. "Let's just say you are very lucky to have your parents. Who are normal. And kind. And who love you." Die laaste woorde sê hy sag en ek kon sweer dat ek 'n onderliggende laag van verlange in sy stem kon hoor.

"I am," stem ek saam, my toon laag. Dit was dalk haat wat ek ook kon hoor. Wat het met Keith gebeur dat hy so geweldadig geword het? 'n Slegte opvoeding? 'n Verlies wat hy nie wil konfronteer nie?

Ek kon nie die stilte verdra nie. "What are your parents like?"

Die kar kom tot 'n skielike stop. Ek gryp my gordel vas om te keer dat ek by die venster uit vlieg. Iemand blaas op hulle toeter agter ons, maar my aandag is vasgenael op Keith. Dit was soos blindings wat toegtrek het in sy oë; geen emosie het daar deur geskyn nie. Sy mure het met 'n oorweldigende spoed opgebou. En het my uitgesluit.

"Parent," stel hy my kortaf reg. Ek voel hoe simpatie in my opstoot vir die arme siel, maar die oomblik toe hy dit sien, skud hy net sy kop. "Don't pity me, Salomay. I'm not the one with expendable people."

Dit vat vir my oomblik om te besef wat dit beteken. Dis soos 'n mes wat deur my hart steek. "Don't talk about them like they're not worth anything," skree ek op hom. My stem word al hoe harder. "Just because you don't have anyone doesn't mean that the rest of us don't!"

Die staar wat hy my gee herinner my aan die donkerte wat jou omring as die ligte af is. Dit herinner my aan die monsters wat onder my bed wegkruip en die vrees wat hulle saam bring. Dit herinner my dat die tiener, amper volwasse, seun wat langs my sit, nie 'n oog geknip het om 'n hele winkel sentrum tot by die grond te vernietig nie. Nie gehuiwer het oor die honderde mense wat binne was nie.

Geweldadig.

Onvoorspelbaar.

Gevaarlik.

Alles tekens wat langs die pad staan wat na die dood lei.

Keith:

I knew I shouldn't have said that.

I'm not the one with expendable people.

Her words had started prying way too far into my personal life. She had brought every doubt and insecurity I had suppressed, back to the surface where I couldn't avoid them. It was instinct to drive curious people away.

Wat nou?Where stories live. Discover now