Hoofstuk 7:

11 0 0
                                    

Salomay:

Die mans wie my beet het se greep is onmenslik sterk. Maak nie saak hoe erg ek ruk en pluk nie, hy wil nie laat gaan nie. Daar is 'n sak oor my kop getrek en ek kan net die bietjie lig sien wat deur die gaatjies kom.

Op die manier wat die voertuig skud, neem ek aan dat ons op 'n grondpad ry. Die mans het my net in die voertuig gegooi en ek lê nou al 'n ruk op 'n harde metaal vloer. My rug is nogal seer, en ek is al vir ure in 'n vloekerige bui. 

Ek het geen idee in watse righting ons ry nie, aangesien ek al vir jare totaal en al rigtingloos is. Die mans praat glad nie, wat my banger maak as wat ek al klaar is. As hulle gepraat het, kon ek darem probeer afluister om uit te figure waarheen ons oppad is. 

Maar hulle is doodstil. 

Dié ouens beteken besigheid

Ek probeer my hands omdraai om by die zip ties uit te kom wat my vasbind, maar dis onmoontlik. Naderhand brand my gewrigte van die draai beweging soos wat ek by die goed probeer uitkom. 

Die kar kom met 'n skielike ruk tot' n stilstand en my oordowende hartklop is al wat ek kan hoor. Die kar skud soos wat die mans uitklim en ek hoor hoe hulle om die kar loop om my agter te kom haal. 

Bly kalm bly kalm bly kalm, sê ek vir myself. Dit help niemand as ek nou panic nie...

Die deur gaan oop en die lig skyn skielik deur die sak op my kop. Rowwe hande gryp my onder my arms en sleep my uit die die kar uit. Een van hulle ruk die sak van my kop af en ek knyp my oë toe teen die lig. 

Hulle ruk my voorentoe voordat my oë gewoond geraak het aan die lig en my voete sleep voorentoe. 

"Move," bevel een van die mans my. 

Moenie moenie moenie-

"No," kom dit by my mond uit. 

"Yes," blaf die ander een vir my. "You wil." 

'n Harde hand tref my tussen die skouer blaaie en ek val voorentoe. Dit voel amper asof ek in slow-motion val; ek ruk my lyf om voordat ek op my gesig kan val. Ek val hard op die grond, maar beweeg nie om op te staan nie. Ek sit daar en knipper my oë totdat ek weer kan sien. 

Dit help nie om vrae te vra nie, ek is 90% seker hulle sal dit nie antwoord nie. Ek wil nie kop heeltemal draai om te kyk wat om my aangaan nie, so ek bekyk alles uit die hoek van my oog. Ek kan geen heinings of ander mense sien nie, dis net die 2 mans wat voor my staan. Iets rooi staan so net buite my sig. 

Voetstappe kraak op die droë gras agter my. 

"What the hell is she doing on the ground?" 

Die 2 mans staan regop en salueer die persoon agter my. "She stumbled and fell, sir." 

"Hmm." Die persoon gryp my ponytail en ruk die agtertoe, en my kop ruk ook terug. Ek kyk op in 'n man se gesig wat, vreemd genoeg, beken lyk. "Hello, dearest Salomay." 

My hele lyf gril toe hy vir my' n breë glimlag gee. "Where is my son?" 

Keith:
I almost jumped on the bike to race after the car with Salomay in it before Rhett grabbed my collar.

"You idiot," he snapped at me. "You're going to get yourself killed."

"Maybe," I said, revving the bike. "Now let go."

"You know better than me that if you walk into the compound, unarmed and without a plan, your dad is gonna strap your ass to a chair and give you a good beating. You might be his son, Keith, but his world does not revolve around you."

I relaxed my hands on the bike and sighed, my head falling forward. "Fine. What do you propose?"

Rhett's smile was nothing short of diabolical.

Wat nou?Where stories live. Discover now