Hoofstuk 10 Einde

70 3 7
                                    

"Landi! Waar kruip jy vir my weg?" Nico weet sy moet hier êrens wees, sy sal nie in haar toestand iewers heen ry nie. Hy stap deur die huis en hy kan sweer hy hoor haar roep. "Landi-lief, ek hoor jou, maar ek weet nie waar jy is nie. Praat met my dat ek kan hoor waar jy is, komaan liefling." Nico is by hulle kamerdeur toe hy haar hoor roep agter buite op die patio. Hy haas hom soontoe want sy klink vreeslik benoud en toe hy haar doodstil sien sit op die stoel weet hy daar is fout. "Wat gaan aan, dink jy dis tyd..." Hy sien die plas bloederige water by haar voete en hy word spierwit, maar voor hy iets kan sê, hoor hy iets wat soos 'n kat klink. Hy stap vinnig om die stoel en gaan staan geskok doodstil in sy spore. Landi glimlag effens, maar hy weet sy is nie wel toe hy op sy kneë by haar gaan sit en die baba teen haar bors sien nie. "Alles het net gebeur en die foon is in die kamer... ek dink daar is iets fout, dit voel of ek weer wil druk..." Haar woorde is skaars koud toe begin sy druk en Nico druk haar dadelik agteroor en tel haar bene op. "Um... Landi..." Die volgende oomblik sien hy die koppie van nog 'n baba en hy steek sy hande uit om die baba te vang. Voor hy die baba 'n tikkie kan gee, begin syself huil en hy lê haar in Landi se ander arm neer. Hy weet hy moet nou gou speel, sy het baie bloed verloor en hy weet die babas is twee weke te vroeg, hy wil haar net nie laat panic nie.  Hy bind met spoed die naelstringetjies af, nadat hy sommer 'n stuk van sy hemp daarvoor afgesny het met sy mes. Vandag is hy dankbaar hy het nog nie die gewoonte afgeleer van 'n mes in sy boot dra nie. "Landi sit net doodstil my lief, ek gaan die motor nader trek en kombersies kry." Hy gooi sommer die throw van die sitkamerbank af gou oor haar en die babas, dan hardloop hy en gooi Landi se tassie en nog 'n kombers in die motor, waarna hy met twee klein kombersies patio toe stap. Hy draai eers die een baba toe voor hy die ander een toedraai en altwee binne in Landi se arms druk. "Kom dat ons julle by die hospitaal kry." Hy tel haar op babas en al en sit hulle versigtig in die motor op die agterste sitplek. Toe hy wegtrek, kyk hy in die spieël en vas in Landi se benoude oë. Hulle kyk egter skaars vir mekaar toe begin hulle altwee senuweeagtig lag. "Ek is sprakeloos, daar was geen sprake van 'n tweede baba nie. Dit sou net klein Neil gewees het... wat gaan ons haar noem... nog 'n bedjie, klere... ai tog?" Nico begin harder lag, hy voel skoon histeries. Die plan was nooit om sy eie babas te vang nie. "Wat van Surprise?" Landi skree soos sy lag en dit ontstig die twee bondeltjies in haar arms sodat hulle begin huil. Sy sus en praat saggies met hulle tot hulle bedaar. Intussen sit Nico sy foon se bluetooth gehoorstuk in sy oor en bel sy Ma. "Um... hey Ma, sê my werk Ma vandag... mmm... ja klein probleempie, kry 'n bed en Landi se gynie by ongevalle soos in nou asb... ja... en sommer 'n pediater ook. Ons sal nou praat Ma... bye." Toe hy stop is sy Ma by en toe sy die agterdeur oopruk staan sy vir 'n oomblik verstom, tot Nico haar wegdruk en vir Landi op die stretcher tel. Alles gebeur nou vinnig en binne minute is die babas ondersoek en hulle besig met Landi. "Nico wat het gebeur?" Hy skud sy kop. "Ek het geen idee nie, Landi het op die patio in 'n plas bloederige water gesit met klein Neil teen haar bors toe ek van die werk afkom, voor ek behoorlik kon uitvra, toe sê sy sy voel of sy moet druk en daar kom die tweede baba... Ma ons... ons was nie reg hiervoor nie... dis 'n helse skok." Die suster kom in met twee wiegies sy Ma is dadelik by. "Ag hetetjie, Ouma se ou dingetjies, hier kom verras julle ons twee weke te vroeg en Nieltjie bring sowaar vir hom nog 'n maatjie saam." Almal lag, terwyl Nico Landi se hand in syne vat. "En wat gaan ons ons klein surprice nou noem Mammie?" Landi kyk na hom en glimlag. "Wat van jy kies? Ek het Niel se naam gekies..." Nico glimlag breed. "Mira, want sy is ons klein miracle." Landi hou daarvan en dis oorspronlik. "Dan is dit so, Niel en Mira, wow ek is eintlik nog bietjie geskok." Die ginekeloog is verstom, niemand verstaan hoe Mira so kon wegkruip dat niemand haar nog gesien het nie. Selfs die hartkloppie was net die van een baba die hele tyd. Landi is die aand met besoektyd bly om al hulle familie daar te sien.  Hulle het nog vir niemand van hulle verrassing vertel nie, dis net Nico se Ma wat weet. Toe almal die kamer vol sit kom Nico die kamer binne met twee bondeltjies in sy arms en almal bly verbaas stil en dan trek hulle los en praat almal gelyk tot hy en Landi begin lag. "Okay okay mense, bedaar en nee ons het nie stilgebly en vir julle gejok nie. Ons het net van Niel geweet, Mira is ons klein miracle wat onder die radar gefloat het." Hy en Landi vertel van die geboorte en Nico word vreeslik gespot oor hy sy eie dogtertjie gevang het by geboorte. "Wow, nie gedink dit sit in jou broek om 'n baby te vang nie ou neef." Nico lag net vir Rohan se gespot, want eintlik is hy baie trots dat hy dit kon doen en die naelstringetjies kon afbind, sonder om flou te word. Nico kyk na Landi en glimlag effens. "Ek het hierdie keer opgemaak vir al die ander shit waardeer ek Landi al gesit het sewejaar terug." Almal weet waarna hy verwys en die hele familie is bly dat hulle uiteindelik ook geluk gevind het en twee babas gekry het in plaas van een. Dis sy Skoonpa Arno wat dit mooi saamvat toe hy sy arm om sy tweelingsus Anrie sit. "Dink so daaraan kinders, Miratjie het gekom om die leë plekkie van haar ouer boetietjie te kom vul en ons almal op ons tone te hou. Ek voel net jammer vir hulle, want die tweetjies se hartjies het so presies saam geklop, dat hulle dalk soos ek en Anrie gaan wees. Die een gaan altyd weet as daar fout is met die ander, dis 'n voorreg, maar tog ook soms 'n straf." Anrie en hy kyk vir mekaar en begin lag voor Anrie na Landi en Nico kyk. "Sterkte julle twee, want as hulle saamstaan het julle geen kans nie." Landi rol haar oë en Nico lag net. "Dan is dit seker tot ons voordeel dat ons altwee 'n militêre-opleiding gehad het. Hulle sal dan maar soos troepe grootgemaak moet word, daar's geen ander genade nie. Want as ek kyk na my tweeling broers en neefs en niggies, gaan ons beslis ons hande vol hê." Al die tweelinge in die familie kyk ewe onskuldig vir mekaar voor hulle uitbars van die lag en Landi se voorspelling bevestig. Tweelinge is nie so maklik om groot te maak soos baie mense dink nie. Daar is tweekeer soveel doeke, bottels en wasgoed en later tweekeer soveel speelgoed en stoutigheid ook.

Rosendallers boek4 Liefde vir LandiWhere stories live. Discover now