Naar

17 0 0
                                    

Jy maak my naar
Als van gisteraand maak my naar
Als wat ek in geglo het maak my naar
Die feit dat ek dom genoeg was om in jou te glo maak my naar
Hoeveel mense het jy al die mee gedoen?
Want dit lyk definitief asof jy jou toneelstuk geoefen het
Jy maak my naar
En om eerlik te wees, ek wil als terug vat
Ek moes seker geweet het dit gaan so uit draai
Maar nee, ek't besluit om jou leë beloftes te glo
Wat was ek vir jou?
'n Rebound?
'n Quick fix?
Iets om jou beter te laat voel oor jouself?
Jy's pateties.
Ek was ongelooflik ongelukkig toe ek hoor van jou vorige meisie
Maar geluk, jy's basies 'n afslag weergawe van haar
Jy's als wat jy gesê het jy sal nooit wees nie
Hoop dit laat jou beter voel.
Ek kan nie glo ek't toegelaat dat jy ooit naby my kom nie
Of eers aan my vat nie
Ek voel walglik as ek aan jou dink
Ek kan nooit weer 'n woord uit jou mond glo nie
Want hoeveel keer het jy vir my gejok?
En as jy oor sommige goed kon jok, hoe weet ek nie dat jy oor als gejok het nie?

Kan jy die 'Fok jou' in my glimlag sien?



Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now