Elke dag wat ek nie met jou praat nie
Besef ek net dat ek jou nooit eintlik nodig gehad het nie
Ja, ek't jou gesoek
En my lyf en hart mag dalk nog skreeu vir jou
Maar ek het nie jou nodig nie.
En dit gee my hoop
Dit gee my sekerheid dat ek oor jou gaan kom
Dat my lyf gaan ophou jou naam skreeu
Dat my hart gaan ophou uit roep vir jou
Ek het nie jou nodig nie.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.