Ek gaan nie die virewig teen jou hou nie
Ons altwee weet dis nie wie ek is nie
Ek gaan jou eendag vergewe
En eendag dalk reg wees om jou vriend te wees
Ek gaan jou vergewe
En aan beweeg eendag.
Ek hoop jy weet ek het net goeie wense vir jou
Ek hoop jy's gelukkig eendag.
Ek hoop jy hou op jouself afbreek
Ek hoop jy besef jy kan nie almal red nie
Ek hoop jy slaap beter
En jy en jou sussie sien mekaar meer
Ek hoop jy's gelukkig eendag (al is dit saam haar, en nie saam my nie)
Ek hoop julle's goed vir mekaar
Ek hoop jy dans met haar in die kombuis
Ek hoop sy hanteer jou so goed soos jy verdien om hanteer te word
Ek hoop sy hou jou vas as jy huil
En dat sy haar hele wêreld in jou oë sien (nes ek het)
Ek hoop jou arms gee haar die gevoel van by die huis wees
Ek hoop sy sien virewig in jou oë
En ek hoop jou hele familie hou van haar
En dat jy haar op die dansvloer sal sleep al wil sy nie
Al sal sy nooit sê dat sy eintlik mal is daaroor nie
Ek hoop sy sing saam met jou
Ek hoop sy glo jy kan als doen (nes ek het)
Ek hoop dat sy altyd eerste vir jou goed wil vertel
Dat sy heeldag jou hand wil vashou
Dat sy jou laat lag soos jy verdien
Vollebors
Ek hoop sy moedig jou aan om aan te hou sing (moet nooit ophou nie)
Ek hoop jou stem maak haar dag (dit het myne gemaak)
Ek hoop julle kan saam lag
En saam huil
En ek hoop jy kan haar als vertel wat fout is (ek weet jy't nie met my nie)
Ek hoop jy hou op daai masker dra vir haar (sy's lief vir jou, wys haar hoe jy voel)
En na als
Ek hoop jy weet jy's my eerste liefde gewees
My eerste ware liefde
Ek hoop jy weet ek't jou waardeer
En dat jy my baie lesse geleer het wat ek moes leer (al wou ek nie)
En ek hoop jy weet dat al was als vernietig
Al was ons vernietig
Dat ek jou liefhet
Jy sal altyd 'n plek hê
Jy sal altyd welkom wees hier as jy iemand nodig het
My ore sal altyd gereed wees om te luister
En my ouers sal altyd wil hê jy moet koffie drink
Want ja, ons was teleurgesteld in jou
Maar jy bly 'n vriend
Virewig (maar nog nie)
Gee my net tyd
Maar onthou als asseblief.(Asseblief moenie my heeltemal vergeet nie.)
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.