Sy's reg.
Jy't my verander
En almal kan dit sien.
Jy't my siening op mans verander
Jy't my vertroue moeiliker gemaak om te kry
Jy't mense vir my verander
Veral die wat soos goeie mense lyk.
Jy was een
Maar ek't 'n fout gemaak ook
Ek't vir jou woorde geval
Nie vir jou askies nie
En jy was reg.
Jy's 'n slegte persoon
Maar wat jy nie kan sien nie, is dat dit nie 'n goed genoeg rede is nie
Jy't my menswees vermorsel
Jy't bo op my hart getrap asof hy niks beteken nie
En toe vir my 'n verskoning gegee
In plaas van om net jammer te se
Verskonings beteken niks.
Mense kan verander
Mense kan beter word
Maar die verskil is, jy kies om nie 'n beter persoon te word nie
Om nie beter selfvertroue te bou nie
Om nie op te hou vir jouself te sê dat jy slegte persoon is nie
Als wat jy nie verander nie, kies jy
Ek hoop jy maak beter keuses
Ek hoop jy hanteer haar beterEk hoop jy breek nie haar hart en haar vertroue soos jy myne het nie.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.