Hulle

18 0 0
                                    

Hulle wil hê ek moet met jou praat
In persoon
Belaglik né?
Dat hulle dink ek sal jou weer in persoon sal wil sien
En vir wat?
Dat jy vir my kan vertel hoe jy my nie soek nie?
Sodat ek kan breek voor jou?
Asof jy nie klaar genoeg gedoen het nie
Ek weet nie wat dink hulle gaan dit help nie
Ek wil nie met jou praat nie
Of jou sien nie
Jy verdien nie my woorde nie.
Jy verdien nie nog 'n ego booster nie
Om te sien dat ek nog sukkel om jou te laat gaan nie
Jy verdien niks van my behalwe afstand nie
Die gevoel is nog nie eers weg nie
Die gevoel van vuil wees
Die gevoel van jou hande op my lyf
Ek wil nie jou weer sien nie
Ek kan nie jou weer sien nie.
Ek weet hulle gee om
Ek weet hulle wil nog vriende wees met jou
Maar ek kan nie.
Ek kan jou nie vertrou nie
Ek kan nie mee jou woorde glo nie
Ek sal nie jou vriendskap kan vertrou nie
En hel
As jy vir my sê die lug is blou
Sal ek moet self gaan kyk om seker te wees jy jok nie.

Jy't my vertroue in jou met een paragraaf vernietig.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now