Ek is so uitgeput
Deur mense wat my sê hoe om te lewe
Deur mense wat nie my gevoelens respekteer nie
Deur drome wat my versmoor
Deur mense wat nie omgee nie
Ek soek net vrede
Ek soek net nie die gevoel van klippe wat op my lyf gepak is nie
Nie die gevoel van iemand wat my hart probeer uit my bors skeur nie
Ek weet mense wil help
Ek verstaan
Maar ek weet nie eers hoe om my self te help nie
Ek weet nie hoe om die gevoel te verloor nieEk's stukkend, en ek weet nie hoe om myself weer saam te stuk nie.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.