Bang

13 0 0
                                    

Dis vier maande
Vier maande vandat ek laas met jou gepraat het
Vier maande vandat ek opgehou het om al jou woorde oor en oor te lees
(die woorde wat my soos messe gesteek het)
Ek onthou jou
Weet jy dit?
Dit was 12 uur die aand
Ek was bang
Maar bang sou nooit my mond keer nie
(dalk moes dit eerder)
Dit was die eerlikste vyf minute van my lewe
Ek het my hart vir jou gewys
Die woorde "Ek's lief vir jou" het uit my mond getuimel voor ek dit kon keer
En ek het gewag
Gewag vir 'n antwoord
Gewag vir jou
Maar jy't stil gebly
Dit was nie soos daai 2 uur die aand gesprek nie
(toe ek jou sê ek hou van jou)
Nee.
Die keer was my woorde te swaar vir jou
Dit het te veel verantwoordelikheid op jou geplaas.
Daar was niks wat my hart kon breek soos daai stilte nie
En ek haat dat ek al klaar geweet het wat jy sou sê
"Julle trek. "
Nee.
Nee, ons altwee weet dis nie al wat fout was nie.
Jy was net nie lief vir my nie.

En ek weet nie wat is seerste nie; die feit dat jy nie lief was vir my nie, of die feit dat ek gedink het hy was.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now