Sy

13 0 0
                                    

Dis dalk nie wat ek wou gehad het nie
Maar eintlik is ek beter sonder jou
My kop is skoon.
Toe ek saam jou was, was dit asof jy my brein oor gevat het
Ek kon nie reguit dink nie, want jy was my enigste gedagte gewees
Maar nou is jy weg
En ek moet myself weer leer ken
(of dalk leer ken vir die eerste keer)
Sover hou ek van wie ek kry
Sy's braaf
Sy doen wat sy wil
Sy staan op vir haarself
(wel, meeste van die tyd)
Maar ek leer ook dat sy dele het waarvan ek nie hou nie
Sy's koud
Sy doen enige iets om die pyn uit haar bors te laat verdwyn
Sy bring mense af
En sy gee nie altyd om oor mense nie.

Sy's dalk nie perfek nie, maar om haar te leer ken gaan een van die lekkerste reise van my lewe wees.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now