Op een of ander manier moet ek sterk genoeg wees om die alleen te oorleef
Daar's niemand om te vra vir hulp nie
En niemand wat gaan verstaan nie.
Ek gaan net dieselfde generiese goed hoor
Dit wat mense sê as hulle nie eintlik kan help nie
(of dalk nie eintlik wil nie)
Ek gaan net hoor hoe ek oor my gevoelens kom
En dat ek nie so alleen is soos wat ek voel nie.
Maar hulle verstaan nie.
Ek's so moeg vir voorgee
Ek's so moeg vir die donker gat in my bors
(hy was nog altyd daar, maar dit word net erger met tyd)
Dit voel asof ek twee mense is
Een wat gelukkig is
En een wat haarself aan die slaap huil.
Somtyds voel ek of ek net wil skreeu
Dat iemand my net kan hoor
Maar ek hou dit in.
Ek het soveel vriende
Maar dit voel nie of enige een van hulle my eintlik in hulle lewens soek nie.
En ek weet nie mee wat om te doen nie
Want as ek nie my vriende kan vra vir hulp nie
Dan beteken ek moet net wag en kyk hoe dit als erger raak
En wat van as dit weer soos die laaste keer is?Wat as ek dalk als oorweeg wat ek myself gesê het ek gaan nooit weer nie?
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
De TodoDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.