Dis 12 uur
En ek probeer jou afwas soos ek die skottelgoed was
Behalwe, in plaas van seep, was ek jou af met seer
Met pyn.
Met trane.
Met gedagtes.
En ek's moeg vir die seer
Vir al die herinneringe
Maar ek sal dit voel totdat dit verdwyn
Ek sal dit oorleef so lank as wat ek moet
Totdat die steekpyne my bors verlaat.Laat die pyn resoneer regdeur jou liggaam, totdat dit jou verlaat.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.