Ek En Jy

11 0 0
                                    

Dis 2 uur.
En ek word wakker
Ek dink aan jou
En my hart pyn.
My longe kort asem
My lyf voel jou langs my
Ek hoor amper jou stem fluister vir my
En my hart pyn.
Jy's op die bank langs my
Jy's op die vloer langs my
Jy hou my hand vas
En my oë speel truuks op my
Want ek sweer ek kan jou voor my sien
En my hart pyn.
Dis 9 uur.
My hart is swaar
Asof jy hom in mekaar laat sak
Dis als ek en jy.
En my hart pyn.

En al wat ek sien is ek en jy; maar nee, dis nou net ek.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now