Moenie my sê hoe om die stukkende dele van my hart weer aanmekaar te plak nie
Moenie my sê wat ek nie mag of kan doen nie
Moenie jou generiese advies aan my afsmeer nie
Nee.
Nee.
Jy was nie hier toe ek in mekaar geval het
Jy was nie hier toe die nag sy donker kloue in my longe ingesteek het nie
Jy was nie hier vir middernag drome nie
Of vir elke oggend wat ek my stukkende hart moes uit 'n koue bed uit sleep nieJy was nie hier vir die grusame moord van my nie, so watter reg het jy om vir my te sê hoe ek myself weer aanmekaar moet sit?
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.