Somtyds vat Hy ons deur die woestyn.
En somtyds word dit so moeilik dat ons vergeet dat Hy met ons is
Want die son brand ons
En ons smag
Ons smag na Water.
Maar ek dink somtyds glimlag Hy vir ons
Want nes 'n pa wat vir sy kind se onskuld glimlag
Sien Hy ons,
Ons wat bekommer
Ons wat bang is
Ons wat voel of Hy ons verlaat het
En Hy druk ons hand 'n bietjie stywer vas.Hy lei ons deur die woestyn.
Hy's die Pa wat nooit sal laat gaan nie, veral nie deur die moeilike tye nie, en nooit wanneer ons voel of Hy ons verlaat het nie.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.