Paniek

10 0 0
                                    

Jy sit paniek in my are
Maak my hande bewe
Maak my huil
En dan?
Dan los jy dit net so
Ja, want dis mos oraait?
Fok, ek gee soveel om oor jou, dit verwoes my
Maar jy maak my kop vol van twyfel
Twyfel en vrees
Want hoe de fok moet ek weet of jy ernstig is
As iets gebeur, hoe vergewe ek myself?
Jy's altyd op, af, lings, regs
Besef jy ooit hoeveel ek omgee nie?
Al moet ek nie.
(daai een deel van my is 'n bitch wat nie wil laat gaan nie)
Ek weet nie mee wat om te glo nie
Vir jou?
Of wat ander mense vir my sê?
Jou woorde?
Of jou aksies?
Jy dryf my mal
En as jy ernstig is, dan sal ek virewig stukkend wees
Want ek mag dalk nie eintlik weet wie de hel jy is nie
(Jy maak dit kak moeilik)
Maar jy beteken te veel vir my
(En gaan jy nie eers my kans gee om dit in woorde te sê nie?)
'n Laaste keer totsiens te sê nie?
Ek gaan inmekaarsak tot môre toe.
En jy?
Jy's of fine, of jy is nie.

As jy nie is nie, dan gaan als opgefok wees (tien duisend keer meer as te vore), en as jy is, sal ek kalm kan wees en weereens kan asemhaal sonder dat my asem opgehou word, sonder dat my hande bewe, sonder dat my bene doodgaan.

(Jy dryf my mal met bekommernis)

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now