Alleenheid

9 0 0
                                    

Die stilte
Dis wat my gewoonlik versmoor
Op aande soos vanaand.
Iemand se hand is om my keël
Ek sukkel om asem te haal
Amper soos die dag wat ek "die waarheid" moes hoor
Daai dag moes ek dit ook alleen oorleef
Ek onthou hoe ek neergeval het voor die kombuis wasbak
Hoe ek geskreeu het asof iemand besig is om my dood te maak
(Tegnies was dit jy)
Ek onthou die alleenheid
Die gevoel wat my so naby sleep aan dood as wat ek kon kom
Ek onthou trane wat van my wange afrol
'n Panic attack
En niemand om te vra vir hulp nie
(Somtyds is dit moeilik om te onthou om asem te haal)
Ja, dit voel amper soos daai aand
Behalwe nou skreeu ek nie
(Binne doen ek)
En ek voel 'n knop in my keël
Maar ek keer die trane
(As ek nou begin huil sou ek nooit ophou nie)
Die gevoel volg my in elk geval orals deesdae
Kerk.
Band.
Sel.
En ek's so moeg
So fokken moeg.

Hoe sê ek dankie vir die Here wanneer die alleenheid my insluk?

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now