Net omdat dit verby is
Beteken nie dit gaan ophou seer weer nie
Somtyds moet jy by jouself gaan sit
En sê
"Ek's nogsteeds lief vir jou, en ons sal dit oorleef. Môre gaan beter wees"
Somtyds is dit braaf om goed te laat seermaak
Totdat nie mee kan nie
Seer is amper soos gif
As jy dit nie laat uitkom nie
Dan verwoes dit jou
So laat die trane rol
Laat jou hart pyn
Laat jou gedagtes vir 'n bietjie dwaal
Op paaie wat jy gewoonlik 'n "Stop" teken voor sit
Solank jy môre weer probeer
Solank jy weet dit gaan nie vir altyd seer wees nieWonde is seer, maar hulle genees.
Hulle genees.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
RandomDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.