Ek hoop sy sien als wat ek gesien het
Ek hoop sy hoor als wat ek gehoor het
En
Ek hoop sy hardloop
Voordat sy stukkend gelos word
Voor sy moes voel wat ek het
Voor sy haar lewe van die stukkies uit moet optel
Want sê wat jy wil
Ons altwee weet jou woorde was
"Jy's nie reg nie"
Maar hier's jy alweer
Selfde plek
Ander meisie
So hier's my eerlike opinie,
Want ek gaan dit net kan skryf en nooit hardop sê nie
(Wie gaan luister anyway?)
Ek hoop sy kry die gut gevoel om te hardloop
(die een wat ek gekry het en nie voor geluister het nie)
En fok
Ek hoop sy luister vir dit
Ek hoop sy probeer nie iemand red nie
Ek hoop sy kies om te swem en nie te sink nie
En wanneer als verby is
Hoop ek sy kan uit kom met 'n heel hart.Mag sy nie opeindig soos die res van ons het na jou nie.
YOU ARE READING
Through My Looking Glass 🔬
AléatoireDie wêreld deur my oë, somtyds onderstebo. Ek skryf my siel uit, wanneer die trane die woorde na my stoep toe bring.