Hoofstuk 1

5 0 0
                                    

"Fantasy" - Verseker - Ja
Hoofstuk 1

Wie sou nou ooit kon dink dat n droom, n fantasie, so wonderlik, so fantamagories lekker kon wees.
Soveel keer in haar drome het sy gedroom oor haar fantasie, sy het dit beleef gevoel so asof dit n werklikheid was. Oor en Oor het sy dit herleef in haar gedagtes.
Sy het n man ontmoet, wat is en lyk soos n portret, foto als van hom is net perfek.
Die manier hoe hy loop, praat, staan als was net perfek.
Hy was soos n deel uit n movie wat jy net oor en oor wil kyk, n deel waarvoor jy nooit voor moeg sal word nie.
Hy was soos n liedjie wat oor en oor in jou gedagtes speel.
Sy het gedroom van haar ridder haar eie "Tall dark and Handsome" nooit gedink dat sy hom werklik gaan ontmoet nie. Sulke ridders kom net voor in sprokies verhale.
Dit was die man wat jou kniee lam maak, hart laat smelt, oe laat skitter soos n diamant wat deur die sonstrale laat glinster, jou hart vinniger en stadiger laat klop. Die een wat die hongerte in jou liggaam wakker maak, sodat dit skiet soos vuurwerke in die lig.
Die man wat haar wereld gaan omkeer. Om iemand se lewe nuwe betekenis te gee nie. Nooit gedink die formule van verlieftheid sou haar beskore gewees het nie.
Sy het geweet as sy hom gaan ontmoet gaan die vonke verseker spat. Oor en oor het sy haar self vertel en oortuig dus net n droom, net n fantasie.

Als het in n oogwink verander, want dit was nie meer n droom nie, n fantasie nie....

Dit het n realiteit geword, sy het haar ridder ontmoet, sy het vir n oomblik droom verlore in sy oe gestaar. Sy het geweet hier is waar sy vir haar res van haar lewe wil wees.
Sy wou gebore gewees het in sy oe soos n traan, haar lewe geleef het op sy wange, en gesterf het in sy glimlag. In die kamer van die vier mure is waar die fantasie so perfek inmekaar gepas het, soos die unieke legkaarte inmekaar pas.

Sy daar en dan besef hy is soos haar eie stukkie legkaart van haar lewe, sy het geweet dat sy hom moet oppas, want as hy moet verlore raak sal sy nooit haar lewe kan voltooi nie. Om hom te aanskou het was die mooiste van mooi...

Dit was n ewebeeld van n prentjie als was net so mooi, so onbeskryflik.  Dis hier waar die fantasie gevorder het, hier waar dit begin rigting gekry het. Sy het geweet as die fantasie gaan gebeur is daar nie omdraai kans nie. Is daar nie n manier wat sy tyd kan terug draai nie.
Is dit die fantasie wat sy rerig wil he, gaan sy kan deur druk sonder om haarself te gaan blameer as dit nie uitwerk...

You've reached the end of published parts.

⏰ Last updated: Jul 06, 2020 ⏰

Add this story to your Library to get notified about new parts!

"Fantasy" - Verseker jaWhere stories live. Discover now