Stories Lees
2 stories
Freya en die Ierse Rock-ster by An-Mari
An-Mari
  • WpView
    Reads 927
  • WpVote
    Votes 34
  • WpPart
    Parts 5
Freya is 'n weeskind met net twee drome in die lewe: Om Ierland te besoek en om 'n Verpleegkundige te word. Na jare se harde werk word beide haar drome bewaarheid en kry sy werk as 'n verpleegkundige in 'n Ierse hospital. Tydens haar eerste aand in Ierland, sit sy in 'n tipiese Ierse kroeg toe 'n vreemdeling met 'n sjokoladestem en smaraggroen oë vir haar begin sing. Later vind sy uit dat die einste vreemdeling die gawe Ierse vrou waarby sy bly se seun, Kieran is. Freya prikkel onmiddelik Kieran se belangstelling omdat sy heeltemaal anders is as die vrouens wat op 'n daaglikse basis hulself aan hom probeer opdring. Min weet hy, dat Freya- 'n boekwurm wat die afgelope paar jaar net tyd gehad het vir haar studies- glad nie 'n idee het dat hy 'n beroemde rock-ster is nie. ----------------------------------------------------------------------------------------- Lesers wat gehou het van die boek "Suiderkruis in Australië" sal ook "Freya en die Ierse Rock-ster" geniet.
Suiderkruis in Australië (Voltooi) by An-Mari
An-Mari
  • WpView
    Reads 3,325
  • WpVote
    Votes 186
  • WpPart
    Parts 26
My debuut-roman op Wattpad!!! Wanneer Elsjé by haar sussie, Nelda, en dié se man, Scott, in die Australiese Outback gaan kuier, is dit om twee redes: Dat sy vir Nelda in die laaste maand van haar swangerskap kan bystaan en dat sy haar roman kan voltooi. Hopelik inspireer die ongerepte Australiese landskap haar genoeg om van haar skrywersblok ontslae te raak. Waarop Elsjé nie reken nie, is dat die held van haar storieboek, soos 'n skim vanuit die rooi Australiese stof te voorskyn kom- op sy wit perd en al! Wanneer Elsjé egter van nader met die skim kennis maak, besef sy dat hy en haar sprokiesheld innerlik, sowel as uiterlik hemelsbreed verskil. Die sprokiesheld wat sy in haar gedagtes gebou het, verkrummel en daarvoor sal sy vir ewig vir Blake kwalik neem. Die vonke spat dus behoorlik tussen die twee. Sal Elsjé uiteindelik die inspirasie vind om haar roman te voltooi of sal sy onverrigte sake moet terugkeer Suid-Afrika toe, met 'n half-voltooide roman en 'n held met 'n "onrealistiese karakter", soos Blake haar al te duidelik ingelig het?