Soos verskyn in Pouveer gedurende 2017.
Dit is 'n tradisie onder die neefs om saans, saam met vriende, paintball te gaan speel op Ouma se plaas en so hul innerlike jagter na voorskyn te bring, maar Zaan, die enigste niggie in die familie, mag nooit saam gespeel het. Sy was altans "net 'n meisie". Jare later, na elkeen hul eie loopbane en gesinne gevestig het, keer die familie weer tydens vakansie terug na Ouma se plaas en sit die tradisie voort. Zaan word onverwags die geleentheid gebied om vir die eerste keer saam met die manne te speel. Tog blyk dit sy is nie enigste nuweling in die spel nie, want die keer speel Cupido saam.