Arno le Clerq is een van 'n tweeling, hy het egter al die jare sy tweelingsussie Anrie bietjie geboelie en afgepers oor haar vriendskap met hulle Stalmeester en ex-marine Riaan. Na skool gaan studeer hy regte en móét later in sy vierdejaar trou met Freda, Anrie se vriendin, sy verneuk hom met sy vriend Stefan en een aand 'n mnd na die geboorte van hul dogtertjie Landi gaan Freda na 'n studente partytjie saam met Stefan en hulle verongeluk. Arno bly alleen agter met Landi en gaan maak vrede met sy ouers en Anrie. Hy maak egter sy graad klaar, haal die bar en begin sy internship by 'n bekende prokureursfirma in Bloemfontein. As 27-jarige enkelouer was sy lewe tot dusvêr maar moeilik.
25-jarige Shevon du Preez sukkel haar hele lewe deur met haar gewig, sy is onderwyseres en vind dat kinders minder krities is teenoor haar gewig as meeste grootmense wat sy ken. Sy verkies kindergeselskap bo enige volwassene s'n. Haar skatryk ouers en twee beeldskone ouer susters verstaan nie hoekom Shevon verkies om op haar eie te bly en te werk nie en ook nie hulle funksies en familie byeenkomste sommer by te woon nie. Arno ken haar as Monique se jonger suster en beland saam met Shevon in Bloemfontein, want die vyfjarige Landi is in haar graad R klas.