Ouma Juanita en Oupa Migel Montero oud prokureur vir die Hertog Christopher Antonio Renardo Garcia d'Avila. Migel en Juanita het hulle in Suid-Afrika gevestig na hulle seun Victor as uitvoerende bestuurder in Suid-Afrika begin werk het vir die Hertog se in-en-uitvoerbesigheid en het drie kleindogters. Die blonde Victoria wat getroud is met die hertog se een kleinseun Antonio, die blonde model Marna wat haar jonger suster Aribella se engelse kêrel James Hilton afvry tydens 'n naweek by hulle ouma-hulle en die koperrooikop Aribella of te wel Ari soos meeste mense haar noem is 'n gekwalifiseerde motorfietswertuigkundige vir 'n bekende renbaan in Suid-Afrika. Sy het James leerken toe hy vir sy broer Jury die eienaar van die renbaan kom kuier het en besluit het om sy broer te help met die familiebesigheid. Hulle gaan al 'n jaar uit en toe sy hom en Marna betrap in die swembad is sy woedend, maar besluit om dit af te maak as niks. Hy en Marna trou dan ook sommer binne 'n paar maande. Haar suster Victoria het die familie genooi vir 'n welverdiende vakansie in Avila om die nuutste toevoeging tot die familie, klein Tonio te kom ontmoet. Ari sou nie saam gegaan het nie, sy voel egter seergemaak oor James en Marna se agterbaksheid al wys sy niks van haar gevoelens nie. Sy besluit sy wil hom egter nie heeldag sien by die werk nie en bedank om saammet haar familie by Victoria te gaan kuier. Natuurlik is daar 'n probleem tussen die wilde Aribella en die die oudste d'Avila kleinseun Romero en dis eintlik waaroor die storie gaanAll Rights Reserved