Carla en Louise Servantes is 'n tweeling wat soos dag en nag verskil. Carla is 'n dokter en Louise 'n ledige bederfde jongvrou. Hulle reis na Portugal om hulle erfenis te gaan ontvang. Hulle oupa Graaf Fernando Carlo Servantes van Puerto Servantes 'n kleinerige eilandjie naby Portugal, het besluit hy wil dit self vir hulle gee terwyl hy nog leef en 'n netelige saak regstel. Die Markies Duarte de Rodriques en sy broer Baron Angelo woon op 'n ander klein eilandjie Puerto de Rodriques nie ver van Puerto de Servantes nie. Daar is 'n paar geheime wat hierdie twee families baie nou saambind, waarvan bitter min mense weet.All Rights Reserved