Die Rosendallers Bernice, Karel, Anrie, Riaan, Arno, Shevon het geen bekendstelling nodig nie, maar wel die nuwe generasie en al hulle manewales, vreugdes, hartseer, liefde en teleurstellings. Daar is Bernice en Karel du Pont met hulle Jeugkamp en hulle 26-jarige seun Bernard en hulle 24-jarige tweelingdogters Eva en Hazel. Dan Anrie en Riaan Meyer met hulle perdeteëlery en hulle 19-jarige seun Rohan en hulle 14-jarige tweelingdogters Nita en Ally. Arno wat steeds prokureur is en Shevon le Clerq steeds onderwyseres maar nou op Rosendal met Arno se oudste dogter die 24-jarige Landi, dan hulle 19-jarige tweeling Callum en Kelsi en hulle 14-jarige tweelingseuns Daniël en Craig en Elna en Chris Nienaber met hulle 26-jarige dogter Thuanette wat getroud is met Derick en Yvonne le Roux se oudste seun die 27-jarige Roelof. Hulle ander seun Wayne is getroud met Karel en Bernice se Hazel. By dit alles sit nou Herman Brody, hulle ander marinepel en sy vrou Helena met hulle ongetroude 31-jarige seun Nico en die 29-jarige Kayla. Charl en Monique Cooper se 26-jarige Lara wat getroud is met Rita en Johny Perez (Karel se suster en swaer) se oudste seyn Antonio en hulle 31-jarige seun Wynand wat getroud is met Ava een van Karel se tweelingdogters. Laastens is daar Paul en Gwen o' Shaunesy se twee dogters, die 18-jarige Larisa en die 17-jarige Allegra. Hierdie is ' n kombinasie vir chaos en moeilikheid, baie agteraf vryery en konsternasie.