Liefde op Lebanon
Julia keer na universiteit terug na haar familieplaas in die Vrystaat. Op haar terugkeer ontdek sy dat haar ma 'n plaasbestuurder aangestel het- iets wat Julia voel heeltemaal onnodig is, aangesien sy mos terug is en die plaas self kan bestuur. Steeds kwesbaar weens haar onlangse diagnose met Diabetes, glo sy dat haar ouers dink sy is weens haar siekte, nie instaat om dinge op die plaas self te kan hanteer nie. Daarom is sy van die eerste oomblik af teen Ruben gekant, maar wanneer sy ontdek dat dié plaasbestuurder met sy deurpriemende blou oë 'n las van sy eie dra, ontwikkel hulle 'n hegte vriendskap. Uiteindelik is dit Ruben en die Friesperde waarmee sy elke dag werk, wat haar help om die seer wat sy met haar saamdra te genees.