Thalia se lewe was nog altyd, soos sy dit stel, 'n tipe 'low budget feelgood comedy.'
Dag in en dag uit, in die voorportaal van haar ouers se hotel met die interessanthede van mense om haar te vermaak. Skrywer, dinker, 'n bietjie skaam en baie nuuskierig, was
kosmaak haar enigste groot liefde.
Dit was nou, totdat sy vir Pierre Mouton ontmoet het... Pierre met sy donker, donkerbruin oë en sy skitterwit glimlag. Pierre met sy warrelwindpersoonlikheid wat haar onderstebo waai. Pierre wat dit regkry om haar lewe skielik in 'n Tranetrekker te omskep.