My debuut-roman op Wattpad!!!
Wanneer Elsjé by haar sussie, Nelda, en dié se man, Scott, in die Australiese Outback gaan kuier, is dit om twee redes: Dat sy vir Nelda in die laaste maand van haar swangerskap kan bystaan en dat sy haar roman kan voltooi.
Hopelik inspireer die ongerepte Australiese landskap haar genoeg om van haar skrywersblok ontslae te raak.
Waarop Elsjé nie reken nie, is dat die held van haar storieboek, soos 'n skim vanuit die rooi Australiese stof te voorskyn kom- op sy wit perd en al! Wanneer Elsjé egter van nader met die skim kennis maak, besef sy dat hy en haar sprokiesheld innerlik, sowel as uiterlik hemelsbreed verskil. Die sprokiesheld wat sy in haar gedagtes gebou het, verkrummel en daarvoor sal sy vir ewig vir Blake kwalik neem. Die vonke spat dus behoorlik tussen die twee.
Sal Elsjé uiteindelik die inspirasie vind om haar roman te voltooi of sal sy onverrigte sake moet terugkeer Suid-Afrika toe, met 'n half-voltooide roman en 'n held met 'n "onrealistiese karakter", soos Blake haar al te duidelik ingelig het?
Frank en Rebecca verongeluk teen mekaar en eindig albei op in die hospitaal. Frank was die eerste een wat by gekom het en wou die ander drywer dadelik ontmoet om jammer te se. Dis toe hy vir Rebecca ontmoet. Deur dit word hulle vriende en hy begin haar beter leer ken. Met tyd raak hy smoor verlief op haar en sy op hom maar met haar laaste break up sien sy nie kans vir n verhouding nie.