Jenny

4 0 0
                                    


Opgedra aan die liefde van my lewe, Jesus Christus.



Mary het 'n geheim. Sy steek iets weg. Almal weet dit. Iets is fout.


Dis 'n koue Vrydagmiddag in die middel van die skoolkwartaal. Meeste van die kinders is al weg. 'n Klein groepie seuns en dogters skop 'n bal rond terwyl hulle wag vir hul ma's om hulle te kom oplaai.


Mary sit alleen onder 'n boom en teken iets in haar sketsboek. Haar blonde hare waai in die koue wind. 'n Eensame windjie omring haar.


Jenny kom uitbundig om die draai gebars, gretig om saam met die ander kinders te speel. Haar kort, bruin hare is deurmekaar gewaai. Haar wange is bloedrooi. Haar klere is opgefrommel. Maar Jenny borrel oor van vreugde.


"Kan ek saam speel?", vra Jenny uitasem.

"Ja", sê die kinders.

Almal weet watse rabbadoe sy is.


Sy skop die bal en wen 'n punt keer op keer. "Yesss!" Sy gooi haar arms in die lug op en glimlag 'n haasbek glimlag. Jenny is 'n regte sport.


"Sien julle Maandag".


Soos wat die kinders na hul ma's se karre stap sien Jenny vir Mary. Sy sit alleen onder 'n boom en lyk eensaam.


Jenny stap saggies na Mary toe en loer stilletjies oor haar skouer. Sy teken 'n prentjie van 'n dogtertjie wat in haar bed lê en met groot, bang oë na 'n skaduwee onder haar deur loer.


"Wat teken jy?", vra die nuuskierige agie. Almal weet Jenny kan 'n geheim uit enigiemand uittrek.


Mary se groot blou oë rek nog groter en sy wip van die skrik. Sy spring op en klap vinnig haar sketsboek toe.


"Dis 'n geheim", sê sy.


"My naam is Jenny. Wil jy volgende week saam met ons speel?"

Mary is nogsteeds bleek om die kiewe. Sy kyk af na haar skoolskoene en bloos skaam.

"Nee, ek kan nie. Ek's nie goed met sport nie. Ek moet nou gaan."


Mary pak gou al haar goed op.


Jenny stap saam met Mary tot by haar ma se ou skedonk van 'n kar en praat heeltyd 'n hond uit 'n bos uit al die pad tot by die parkeerterein. Sy waai vrolik soos hulle wegry.


Nou is Jenny vasbeslote om uittevind wat Mary se Groot Geheim is. Waarom is sy meeste van die tyd alleen, skaam en gespanne?

Die Groot GeheimWhere stories live. Discover now