Vrystaatse Vlaktes in die Somer (Afrikaans)

1.6K 47 25
                                    

Ek ken 'n plek waar ek en jy kan ontmoet

'n plek waar die blou dag ons omring

met reuse, sagte wit wolke wat kom en gaan

Waar ek staan

sien ek die helderste blou

wat neersak op die verre horison.

Dis 'n plek waar ek en jy kan ontmoet

sommer onder die wilger met voete in die stroom

Ek ken 'n plek waar ek en jy kan ontmoet

'n plek waar die lug van blou dag verander

na kleure van geel,rooi en soms pers

Waar ek staan

sien ek die glinsterende hemel

wat ver en hoog oor ons koppe strek

Dit is 'n plek waar ons die sterre kan tel

En hul name leer ken:

               Ou bekendes soos die Suiderkruis en die Drie Susters

               Die liefdesverhaal van Altari en Vega

               wat geskei is deur die Melkweg

               En my helder somerster, Canis Majoris

Ek ken 'n plek waar ek en jy kan ontmoet

'n plek waar die blou lug ons omring deur die dag

en die sterre hemel snags.

Die Vrystaatse vlaktes.

Vrystaatse Vlaktes in die Somer (Afrikaans)Where stories live. Discover now