Hoofstuk 1
Melissa vee oor haar oë dan staar sy vir haarself nog een keer terug in die spieël. Haar oë brand vreeslik vandat sy waker geword het en die taai slym wat sy uit haar oë vee is abnormaal; nie eers haar ergste allergieë veroorsaak die reaksie nie.
Sy spoel haar hand onder die kraan skoon en dan vee sy met die koel water oor haar ooglede. "Liewe hemel wat gaan aan, vandat ek in hierdie plek aangekom het reageer my liggaam snaaks... seker skok. Ek het die see laas gesien toe ek tien was en selfs daarvan onthou ek nie veel nie."
Melissa stap oor na die groot glas vensters wat uitkyk oor die see. Die golwe is woes vanoggend en dis effens bewolk, maar sy gaan nie laat dit haar onderkry nie. Dis haar derde dag by die see en 'n welverdiende ruskansie, nadat Bradley haar lewe hel gemaak het moes sy net wegbreek van alles en almal.
Wanneer sy die groot ruit oopskuif kan sy die seelug op haar gesig voel. Dis bedompig... effens klam en die sout kan sy oor haar lippe proe wanneer sy dit aflek. Melissa begin te hoes, dan leun sy vooroor. "Ek weet daar is klimaat verandering, maar magtig, moet dit regtig so moeilik wees om asem te haal." Sy haal die asma pompie uit haar laai wat die apteker vir haar voorgeskryf het om te gebruik. Dit help effens maar die vog in Melissa se longe voel vir haar abnormaal. So asof sy besig is om te verdrink.
Die nou paadjie af na die strand is verlate en selfs die sypaadjies is leeg. Niemand wil in die weer buite wees nie. Melissa klou vas aan haar breërandhoed wat sy aan het vanoggend maar die wind wil net eenvoudig nie saamspeel nie en nes sy haar voete op die strand plant waai 'n sterk wind haar hoed van haar kop af. Sy sien hoe haar hoed meters bo haar in die lug opwaai, vorentoe trek en dan neer val op die strand enkele sentimeters voor die seewater wat oor die strand spoel.
"Nee" gil sy en draf in die rigting van haar hoed, wat sy net betyds opraap voordat die golf oor hom spoel. Melissa skud haar hoed af en gluur na die see. "So julle is kop in een mis lyk dit my, god van die see en god van storms!" roep sy uit en kyk op na die wolke wat saampak in die lug. "Julle kan al twee hel toe gaan wat my betref, niks kry my van die strand af vandag nie!" dan draai sy haar rug op die see en stap meer opwaarts met die strand, weg van die water.
Melissa voel meteens benoud en maak haar tuis op die warm seesand. Dis dalk bewolk en mislik maar die sand se hitte is vertroostend. Melissa gee 'n paar hoese, dan gryp sy vinnig na haar asma pompie en neem 'n trek daaraan. "So tipies" en sy weet niemand is om haar om haar te hoor nie, so sy sit haar gesprek met haarself voort. "Al die manlike gode is barbaars, net soos gewone mans." Maar haar gesprek word onderbreek wanneer 'n druppel water op haar neus land. Melissa frons, nie seker of dit seewater of reën is nie. Wanneer meer en meer druppels van bo af op haar val kry sy haar antwoord.
Melissa spring orent dan gil sy kliphard. "Fine, maar julle weet nie wat julle mis nie! Hier onder my klere het ek die kleinste bikini denkbaar aan en julle gaan julle kans verbeur om dit te aanskou!" dan gryp sy haar hoed en draf in die rigting van die paadjie terug na haar woonstel; maar so gou as wat die reën begin het, hou dit op. Melissa steek vas en frons "Ag, gaan blaas doppies man, tipies mans, weet nie wat julle in die lewe wil hê nie" en sy draf vêrder terug na haar woonstel.
Melissa staan onder haar stort en laat die warm water oor haar gesig spoel. Sy was met die seep oor haar liggaam en dan neem sy van haar shampoo in haar hand en was haar hare. Sy frons wanneer sy iets tussen haar hare voel en probeer met haar vingers die voorwerp uit haar hare verwyder. Sy hou dit onder die stort om die seep afgespoel te kry en dit beter te beskou. Dit lyk soos 'n baie groot vis skub. Melissa gooi dit neer en vroetel vinnig met haar vingers deur haar hare, dan haal sy nog een uit en nog een. Melissa is benoud, sy weet sy was nog nie in die see vandat sy hier opgedaag het nie... en skubbe tussen haar hare maak nie vir haar sin nie. Wanneer sy weer aan haar hare vat kom groot klosse van haar hare uit en haar oë rek groot wanneer sy daarna staar in haar hande. Melissa voel hoe die water van die stort in haar longe instroom en sy verstik daaraan, maar die stort deur wil nie oop nie en die glas wil nie breek nie. Die krane wil nie toedraai nie en die stort is tot bo-oor haar kop gevul met water. Haar bene voel swaar en sy sink na die bodem van die stort waar die water vol in haar longe instroom... dan vlieg sy oorent in haar bed.
YOU ARE READING
Smag van die See
Science FictionMelissa se vakansie word ingewikkeld wanneer storms en swaar weer haar ondervinding op die strand beinvloed. 'n Lewensredder in sy rooi swembroekie en die vreemdeling in die nag laat Melissa met rukke dink sy word mal. Hoe gek moet gebeure om 'n me...