Bella

362 6 0
                                    

 Hoofstuk 1

Dis vroegoggend en die tekens van winter wat om die draai is wys, die bome veloor hul blare en die aande raak koud. Bella lê nog warm onder die komberse en slaap met haar twee seuns op die bed langs hare. Skielik skreeu Bella se twee jarige seun Juandrè kliphard in sy slaap, Bella skrik haarself oor 'n mik en val met haar ronde agterend op die vloer soos sy skrik. Bella het groot blou oë maar van die skrik is haar oë nou so groot soos een van die trolle in Dawie die kabouter sin en haar hare staan net so wild soos hulle sin. Sy blaas mos nie haar hare droog voor sy gaan slaap nie en dan is sy natuurlik net so kort soos n kabouter. Sy gluur die klein Juandrè aan en dink "Ek sweer jy doen dit net om jou ma te sien val, jou klein tappit" Sy klim terug in die bed, maar nou kan sy nie slaap nie, dis nie net haar gat wat brand van die val nie, sy het haar rug ook alweer in 'n spasma getrek. Nou lê sy maar net in die bed en probeer aan iets dink wat haar sal laat slaap, maar skielik begin sy dink aan die sexy vampire wat in die nuwe tv series speel. "Jis as daai vampire tog net vir my wil kom byt, met daai baba blou ogies van hom en daai glimlag wat enige vrou se kniëe sal lam maak." Sy lê nog so en dag droom toe kom steek die duiwel mos eers sy stert weer in haar drome en sy sien hoe die sterk vampire haar optel in sy arms en karplaks daar lê hy op die vloer, want haar kabouter lyfie is te swaar vir hom. Bella vererg haar vir haarself "Pocket ek kan nie eers in my drome n sexy lyfie hê nie" Bella raak weer aan die slaap, maar dis nie lank nie of Bella word deur haar oudste seun Zack wakker gemaak, hy is amper vyf en moet volgende jaar skool toe. Zack is 'n lang mannetjie en maer, Bella kyk na Zack en se vir hom "Jy weet my kind jy is so flippen 'skinny' as dit halloween is gaan ek nie eers nodig hê om vir jou 'n kostuum te maak nie, jy kan sommer kaal gaan jy lyk net soos daai 'skeliton' mense." Zack kyk sy ma so snaaks aan, hy het nie 'n idee waarvan sy praat nie. " Ma kan ek vorentoe gaan Dennis is hier?" Bella sig, dis haar susters kind en sy naam pas hom mooi, want hy is rerig soos Dennis Dimenace. Die drie seuns is soos 'The three muskiteers' en altyd saam in die moeilikheid. "Ja gaan, net saggies jou boetie slaap nog." Bella staan op en gaan na die badkamer, die hele vloer is sopnat en so nat as wat die vloer is so nat raak haar broek, want vandat sy die twee keisersnee gehad het werk haar blaas mos nie reg nie. Dis soos n bottel wat iewers 'n lek het en jy nie weet waar nie en die water bly net uitloop en dan moet sy mos die verdomde toilet se blaas ook nog leeg maak, want niemand anders in die huis weet mos hoe nie. Bella besluit genoeg is genoeg, die mense in die huis sal onthou van die toilet se water bak, sy gaan n 'reminder' op die toilet deur plaas "As jy kla jou blaas leeg gemaak het, maak myne ook leeg asseblief, soos jy kan sien het ek nie arms om dit self te doen nie. Dankie mnr Toilet." Die verdomde toilet lek mos so water vandat Bella se ma 'n 'plumber' gekry het om 'n nuwe toilet in te sit, die plumber het soos sy agterend die toilet ingesit en om dit nog erger te maak wil die 'patty' nie droog word nie, so die val ook af en dan spuit die toilet nog meer water uit.

Bella loop na die voorhuis waar sy die geskarrel kan hoor, Dennis wil nie klaar maak vir skool nie, hy wil eers saam Zack op die 'trampoline' spring, Bella se laat lam sussie is weer ekstra stadig vanoggend. Bella hoor haar ou moeder in die kombuis mal gaan op die kinders, want hulle gaan laat wees. Daar kom klein Juandrè  ook nou in die gang af huillend en deur die trane se hy aan Bella "Mamma kaap,mamma kaap" Bella tel vir Juandre op en gaan sit hom op die bed neer.   "Mamma het kla geslaap, ek gaan nie nog slaap nie. Moet ek vir jou die kar storie opsit?" Juandrè skud sy koppie ja en kyk met sy groot baba blou ogies hoe sy ma die tv aansit, maar Juandrè wat n kort fris mannetjie is, het n wil van sy eie. Net toe Bella dink sy kan nou uit die kamer loop begin hy weer skreeu "Mamma kaap, mamma kaap." Bella is nie lus vir die storie nie en rek haar oë weer so groot soos 'n trol sin en gee Juandrè 'n kyk aan en voor Bella iets kan sê  kom haar ma die kamer in, sy het kla vir Dennis en haar laatlam dogter Sandra by die skool gaan aflaai. "Wat is dit nou ouma se seun? Kom sit by ouma." Juandre hou op huil en vat sy ouma se hand en loop na die sitkamer sodat hy op haar skoot kan sit. "Mmm dink Bella ouma se oogappel daai ene." Juandrè is die jongste van die drie kleinkinders en kan soms met moord weg kom, hy is mos 'n baba. Bella is baie lief vir haar twee seuns maar soms voel dit vir haar of sy haar hare uit haar kop kan trek, veral die dae wat die twee op hulle stukke is. Vandag is een van daai dae, Juandrè is huilerig oor sy onrustige nag en Zack is verveeld, so klein Juandrè is sy 'target' vandag. Elke keer wat Bella haar rug op die seuns draai dan gaan pla Zack sy klein boetie en dan is dit weer van vooraf 'n geskreeu en 'n gehuil.

BellaWhere stories live. Discover now