Waar was jy?
Waar was julle?
Waar was hulle?
En nou ry ek weer verby die oorgang waar die geringste vernedering, my swaarste klip geword het, wat ek daagliks in my tas moet dra.
Jy was blind.
Julle was selfbehep en hulle:
was besig om hul bankbalanse te versmoor
met gedrukte sukses op fokken papier.
Driaan Strydom: 7 - 2017