Jy Het...

15 0 0
                                    

Jy het vir my 'n storie vertel...
daai dag toe jou ouma jou bel.
Jy het my vertel van ons land se kus se kant,
met sy see en die baie sand.

Jy het my vertel van die mooiste blou
wat Suid-Afrika se lug omvou.
Jy het my vertel van Namakwaland
en sy pragtige blomme-rand.

Jy het my vertel van Tafelberg
en Bloedrivier se geveg...
Jy het my vertel van Trompie en sy bende -
met hul ingeduikte skoene en uithang hemde.

Jy het my vertel van Knysna se vorige olifante -
daar tussen die baie bome en verskeie plante.
Jy het my vertel van alles wat ek wou weet -
van ons sonskyn land en ons groot planeet.

Jy het geduldig met my gepraat -
dit by my ingeprent soos 'n stukkie saad.
Jy het my ons land gewys -
in my geestes-oog het ek dit sien verrys.

Maar...
Nou is jy weg van my gevat...
en ek mis jou warm, ondersteunende hand.
Ek mis jou stem hier waar ek luister na die wind -
en die feit bly staan... Ek is BLIND

You've reached the end of published parts.

⏰ Last updated: Apr 05, 2018 ⏰

Add this story to your Library to get notified about new parts!

Jy het... Where stories live. Discover now