Hoofstuk 2

15 1 0
                                    

Die volgende oggend word Ruan wakker , steeds moeg . Hy het 'n rustelose nag agter die rug . Hy besluit toe om te gaan vir 'n draf , dis nou eers 4 uur. Dan sal hy terug kom en klaar maak vir werk.

Hy trek toe sy draf klere aan en begin in die straat af te draf , om die hoek , en in die volgende straat weer op . Meeste van die erwe is nuwe huise maar hy sien 'n stukkie veld tussen hierdie huise.

Dit is 'n oop stuk grond en dit lyk toe vir hom na 'n lekker pad om deer te draf . Daar is net 'n groot wilgerboom met 'n hout swaai aan .

Daar steek 'n skielike windjie op en Ruan kyk rond , toe hoor hy die swaai kraak en soos hy terug kyk , sien hy die meisie, sy sit op die swaai en staar na hom.

"Hello daar, wat maak jy hier alleen?" Vra Ruan vir die dogtertjie. " Ek wag...." sê sy vir Ruan . " wag vir wat?" Wonder Ruan hard op .

Sonder om 'n woord te sê, klim sy van die swaai af en stap na die agterdeur van die huis toe . Ruan staar agterna en sy beduie vir hom dat hy haar moet volg. Sy stap in die huis in. Soos Ruan in die huis in stap is die dogtertjie nêrens te vind nie.

Die agterdeur stap in die kombuis in. Die kombuis is oud , baie oud . Die hout vloere lug op en die kaste se deure hang aan die skaniere .

Hy stap toe deur na 'n vertrek wat hy aanneem moet die sit kamer wees , daar staan 'n antieke klavier, sy pote gebreek.

Op die klavier staan daar 'n foto , 'n familie foto. Van 'n ma en 'n pa en hulle twee kinders . Daar is die seuntjie en die dogtertjie, maar die dogtertjie se gesig is al verblyk .

Wat het hier gebeur? Wie is hierdie mense ?

Ruan wil nog so deur die huis stap toe hy 'n polisie kar hoor voor die huis stop. Die volgende oomblik is sy een hand agter sy rug vasgedruk en hy word by die deur uit getrek .

"Wat maak jy? Los my !" Sê Ruan en hy ruk homself vry van die ander man . " Wie is jy en wat maak jy op hierdie eiendom?" Vra die poeliesman vir Ruan.

" Ek het net kom kyk waar daardie klein meisie heen is wat hier in gehardloop het maar sy is weg nou. "
"Klein meisie? Watter klein meisie?" Vra die Poelies man .

"Luister voor jy enige verdere vrae vra wil ek eers weet wie jy is wat my so kom rond ruk hier, en hoe het jy geweet dat ek hier is ?"

"Verskoon my tog , ek is Kaptein Burger Degenaar, hoof van die poliesie mag hier op Jakkelsdrif. En jy is ?"

"Baie niskurig om uit te vind wat hier gebeur het. Maar hulle noem my Ruan."

"Aangename kennis Ruan , en om jou vorige vraag te beantwoord een van die bure het gebel en gesê dat hier beweging in hierdie huis kan sien . Blykbaar is dit net toevallig raak gesien. "

" As jy so sê, as jy my sal verskoon , ek moet gaan klaar maak vir werk en so aan , ek wil nie laat wees op my eerste dag nie ." Sê Ruan vir die kaptein .

"Jakkels nuus. Die waarheid kom altyd uit." Lees Ruan op die gebou voor hom . Hy is hier . Soos wat hy in die gebou instap sien hy maar net die normale goed.

'n Seketaresse wat in die ingangs portaal sit en praat op die telefoon.

"Môre, ek is..."

"Meneer Gertsinberg ons het jou verwag , gaan maar deer , hy wag vir jou ." Sê sy voor Ruan sy sin kon klaarmaak.

Ruan stap toe deer na die kantoor area , hy sien twee tafels reg oorkant mekaar , elkeen met 'n rekenaar en al die ander standaarde toerusting .

Net een van die tafels het 'n persoon agter hom .

"Môre , ek is Ruan." Stel Ruan homself voor .

Die persoon hou net aan tik.

"Môre!" Sê Ruan weer , maar net harder.

"Dit help nie jy skree op hom nie , hy gaan jou nie hoor nie . Dit is Pieter, hy is doof , fantastiese skrywer. Hy kan net nie onderhoude voer nie . So hy skryf die sport afdeling en al die ander. Dit is hoekom jy hier is ." Sê die persoon agter Ruan.

"Môre ek is Ruan."

"Ek weet wie jy is. Kom , volg my dan wys ek vir jou waar jy gaan werk . "

"Waar is al die mense ek dog hierdie is die koerant?" Vra Ruan .

" Waarvan praat jy, hier is net twee joernaliste , en jy is een van hulle."

"Ja , natuurlik. Ek het vergeet hierdie is 'n klein dorp koerant ."

"Hier word ons koerant elke maandag gedruk en uit gestuur , ons het klaar planne vir volgende maandag. So dit gee jou ongeveer twee weke om jou eerste berig in te dien ."

" So gepraat van , weet jy dalk wat is die storie agter die storie agter Transvalia Straat 15 ?" Vra Ruan vir die man.

" Kom ons los daardie gesprek vir 'n ander tyd , kom vanaand na my huis toe dan kan ons daaroor praat ."

"Baie dankie , maar ek moet my goed klaar uit pak en ek is vreeslik moeg ."

" 'n Ander tyd dan , daar is jou lessenaar . Jy kan sommer dadelik begin , ek het vir jou inligting daar neer gesit oor vanjaar se Jakkelsdrif skou wat plaasvind oor 'n maand . As jy solank vir ons 'n adverterings stukkie kan skryf en plaas sal dit wonderlik wees ." Sê hy vir Ruan .

"Ek maak so . Ek gaan sommer 'n prent ook by sit laat almal dit raaksien en belangstel . Wat dink jy sal die mense trek ?" Vra Ruan

Ruan draai toe om en sien dat hy met homself praat want die baas het geloop .

Hy gaan sit toe by sy nuwe tafel en kyk rond . Dit gaan 'n aanpassing wees , maar hy moet maar aanvaar dat dit nou sy lewe is . Hy kry sy gedagtes terug en begin tik aan die advertensie .

Hoof opskrif

Jakkelsdrif Skou , skou om te onthou

En dit is presies wat dit gaan wees , 'n skou wat nooit vergeet sou word nie ...

Transvalia Straat 15 Where stories live. Discover now