op 'n koue wintersnag het jy
aan my hart se venster kom klop
en saggies ingesluip...
jy-
skim van die liefde
terwyl dit saggies reën
en die lewe daarbuite skuiling soek
het jy in my hart se kamer
gewaak, my warm gehou...
soos die vrye vers waarin ek dig
laat jy my voel-
vry;sorgeloos vry
by jou is alles reg
by jou voel dit niks is weg
jy bring vir my 'n glimlaggie, warm
op 'n koue winternag
jy-
skim van die liefde

YOU ARE READING
Liefdesskim
PoetryDie eerste vryevers in Afrikaans, gee asb julle kritiek en raad waar ek kan verbeter: